My ma is 'n bolling senuwees. Ek het weer my pa se rustigheid geërf. Toe Januarie aanbreek moes ek elke kans benut om rokke aan te pas; aangesien ons op die platteland woon. Almal het my aangeraai om eerder 'n rok te koop as om een te laat maak. Jy is altyd teleurgesteld in die resultaat. Ek het niks gekry wat waarlik sê dat dit ek is nie. Ek is 'n kunstenaar en almal het aangeneem ek gaan met 'n "weird" skepping vorendag kom. Ek is eintlik 'n mens wat eenvoudige kleure en kontraste verkies . Ek was nog altyd mal oor 'n meerminsnit. By die materiaalwinkel het een materiaal dadelik my oog gevang. Dit was 'n swart materiaal met gedrukte indiese patrone. Ek het gedink dat 'n perskekleurige net perfek daarby sou pas. My matriekafskeid was in Augustus en ek het gedink die kleurskakering pas perfek by einde-winter. Die swart wat koue uitbeeld en dan oorgaan na perskekleur wat bietjie hitte gee. My inspirasie was my hardkoppigheid en ek wou iets uniek hê wat my lyf pas en my gemaklik sou laat voel. Ek was beslis nie teleurgesteld met die eindresultaat nie.

Sien alle inskrywings