Ek wou soos 'n feeprinses lyk. Die voorreg wat ek gehad het om een van die mooiste rokke in my lewe te kon aantrek was ongelooflik, dit het prentjies, fotos, internet ens ens gevat om aan die einde van die dag te besluit op my volmaakte rok. Die rok weerspieël baie van my persoonlikheid, ek is borrelend, altyd glimlaggend en natuurlik is ek mal oor pienk. Ek weet my rok is met liefde en sorg gemaak, so baie baie dankie mamma. Dit was 'n ongelooflike ondervinding en aand. My matriekafskeid is 'n kosbare herinering.

Sien alle inskrywings