Wat doen jy as dit jou Matriekafskeid funksie ( grootste dag van jou Hoërskool loopbaan ) ? Ek het 'n baie moeilike figuur en was nogals benoud . Dankie liewe Vader het ek gedink , ek het nog 'n ma wat lewe . Sy kan my met enige iets help ! Haar raad aan my was : " Marcè moenie bekommerd wees nie , ons sal 'n plan maak ! " Dadelik het sy na foto's begin kyk en eendag met die Sarie Bruid van 31 Augustus 2011 uitgawe by die huis gekom . Ek het heeltyd 'n "vintage" gevoel gehaad maar nie geweet hoe dit sou lyk met my lyfie en lengte nie ! ( ek is baie kort ) Groot was my verbasing toe ek die foto van my rok juis in die Sarie Bruid sou sien nie . Die bladsy kan ek nie meer onthou nie , maar my ontwerper het gesê ek moet dit in haar hande los ! En kyk nou - wat 'n prag rok het Tannie Wilma Du Plessis vir my ontwerp wat my figuur en lengte (1.63cm) perfek pas , en so ook my persoonlikheid . Dankie mamma vir soveel moeite , Tannie Wilma vir my rok en dankie aan Sarie Bruid vir 'n puik tydskrif . Dankie .

Sien alle inskrywings