Die kleur van die rok is gekies omdat dit een van my gusteling kleure is. Die skakerings van pers was vir my uniek en vloeiend en daarom was dit my keuse. Die tikkie franse kant het die rok stunning gemaak. Ek wou hê die rok moes eenvoudig maar tog stylvol wees. Daarom is die interessante agterkant en voorkant gekies. Die rok is in die geheel uniek en niks wat enige iemand nog voorheen gesien het nie. Joseph het gesit en luister na my idees en so het ons met elke pas die patroon aangepas totdat dit die unieke rok is wat ek met grasie en styl kon dra en presies wat my droomrok moes wees.

Sien alle inskrywings