Ek het eers 'n paar rokke gaan aanpas om te kyk watter styl by my figuur pas en toe het ek op die internet foto's gaan soek. Ek het op J-Mendel se "Spring collection" 2010 afgekom en een rok gevind wat ek sommer dadelik geweet het ek wil hê. Tannie Frances het ook baie van die rok gehou en dadelik begin teken en my meet. Die kleur, "lavender", van die lap (chiffon) het ek eers besluit in die winkel toe ek verskillencde kleure lap oor my lyf drapeer. Ek hou van dié kleur, omdat dit nie so helder is nie, maar tog nie grys nie. Dit is nie 'n kleur wat baie mense sal hê nie. Daar is op die bostuk diamanté en ook baie min op die middelste deel van die onderste laag. Ek hou nie van rokke wat oordoen is of wat te styf aan mens se lyf vasklou nie. Ek wou sag en vroulik lyk. Die rok is ook so ontwerp dat ek later in die aand 'n band kon inhaak om die bostuk in 'n halternek te verander.

Sien alle inskrywings