Ek het geen idee gehad nie. Toe ek vir Gerdi (my ontwerper) gaan sien het, het ek net vir eers rustig deur al die mooi rokke gekyk. Ek het nie eers geweet watter kleur my rok moet wees nie! Ek sien toe dadelik hierdie pragtige goue skemerkelkie uitrusting. Dit was vir my perfek gewees, maar ek wou 'n lang rok gehad het. Gerdi het gesê dat ons heeltemal 'n nuwe rok, wat op daardie rok gebaseer is, moet maak. Ek sê vir Gerdi danki vir hoe mooi dit toe uitgedraai het. My inspirasie was wat Gerdi alreeds gemaak het!

Sien alle inskrywings