Ek het van die begin van die jaar af gesê vir my ouers dat ek 'n rooi matriekafskeidrok wil hê. Ek wou 'n "besige" rok gehad het en my ma wou gehad het dat ek 'n plein rok moes dra. Ons het al vroeg gaan begin soek vir rokke en ek en my ma het altwee van plan verander. Sy wou nou gehad het dat ek 'n "besige" rok moes kry en ek wou nou 'n plein rok gehad het. Ons was na Claris toe en ek het 'n groot verskeidenheid van rokke aangepas, maar toe ek die rooi rok kry het ek geweet ek gaan hom dra na my matriekafskeid toe. Die aand was vir my baie spesiaal, want niemand anders het 'n rooi rok gehad nie.

Sien alle inskrywings