Elke meisie het daardie droomrok vir haar matriekafskeid wat sy lank voor die tyd teken en beplan. Ek het met my idees na F Wilson Fashion Design gegaan en daar het Johan, Fritz en hul span my droom nog verder gevat en vir my 'n rok gemaak wat presies ek is ... ek is 'n energieke tiener, lief vir dans en mal oor die natuur. Nadat Johan en Fritz materiaal om my drapeer het, het ons besluit op 'n groen rok. Ek wou soos 'n prinses voel met 'n wye rok en tog ook gemaklik dans later die aand, daarom is my rok so gemaak dat die lang gedeelte van my rok kon afhaal. Onder die lang gedeelte was 'n mini rokkie waar die fyn blaartjie, kant en diamante detail van die bokant deurloop tot rondom die soom van die rokkie. Dit was dus twee uitrustings in een en kon ek my matriekafskeid dus ten volle geniet en soos 'n prinses voel.

Sien alle inskrywings