Ek is baie fyn en kort. om 'n nr 6 ontwerpersrok te kry vir iemand wat net 1.55m lank is, is bykans onmoontlik. Behalwe as jy bereid is om die helfte van die rok af te sny...die alternatief is om 'n Tinkerbell of Barbie-rokkie by die kinderafdeling van 'n afdelingswinkel te gaan koop. :-D.... Ek wou met my matriekafskeid bewys dat met 'n klein begroting en koninklike inspirasie fyn, petite meisies ook pragtig, volwasse en seksie kan lyk My rok moes 'n verlenging van my borrellende persoonlikheid en vrolike , lewenslustige geaardheid wees. Ek wou nie soos 'n skuimpie, bruid of kersboom lyk nie. Ek het 'n voorliefde vir rose en helder kleure. Kate Middelton het my geinspireer met haar natuurlike grasie en styl. Die groot vraag:"Dra JY die rok, of dra die ROK jou?" Maak nie saak watse rok jy dra of hoe jy lyk nie, die rok moet 'n weerspieeling van jou persoonlikheid wees en my vrolike rok met speelse rose, sagte vloeiende sjiffon en bietjie ''bling'' het my vrolik, vroulik en pragtig laat voel. En net vir die prinses-gevoel het ek n replika van Kate / Diana se verloofring gedra. My persoonlike ode aan 2 natuurlik stylvolle prinsesse...

Sien alle inskrywings