Swart en wit was van st 6 af die kleur vir my, op een van Corlia en Rudie se optredes het sy 'n pragtige swart en wit prinses rok aagehad, ek was nog klein maar van daardie oomblik af het ek geweet dit is daardie rok wat ek wou aantrek. Ons het toe uitgevind dat daardie spesifieke rok in Krugersdorp aangehou word, ons het gaan soek en daardie rok gevind. Met die eerste aanpas sessie het hierdie rok my soos 'n handskoen gepas. Ek het vir myself soos 'n regte prinses gelyk en my pa was in die hemel oor hierdie keuse. Die krale werk het so ingepas wie ek is, ek is mal oor krale en borduurwerk, voorwaar 'n pragtige rok.

Sien alle inskrywings