Ek wou van die begin af 'n lang rok met 'n baie wye romp gehad het, maar het nie regtig geweet hoe die res van my rok moet lyk nie. Ek het op die internet en in boeke begin soek na idees en my rok het begin vorm aanneem. Na ons nie enige van my idees in boetieks kon kry nie het my broer my aan sy vriendin, Elizna van den Berg, die ontwerper van Dare to Dress & Decorate (D3) voorgestel. Elizna het my gehelp om al my idees bymekaar te sit en eers ‘n paar sketse van my rok gemaak. Die finale skets was selfs beter as wat ek ooit kon dink! Elizna het my ook gehelp om die regte kleur materiaal te kies wat by my velkleur maar ook by die ontwerp van die rok gepas het. Soos die rok gevorder het, het ek al meer opgewonde geraak omdat Elizna dit reggekry het om al my drome en idees in my rok saam te voeg.

Sien alle inskrywings