Ek het lank nagedink oor wat se tipe rok ek wil hê en het finaal besluit op 'n rok wat nou passend is tot onder my heupe wat my lyf kon komplimenteer, en dan verder ondertoe begin uitklok met 'n effense sleep en 'n slit aan die linkerkant. Ek het ook twee verskillende tekstuur materiaal gekies met die doel dat die een wat met kraletjies versier was in 'n S vorm om my lyf moet gaan, ek het toe ook op 'n kant besluit wat oor my regterskouer gedien het as 'n band om fynere detail te gee. My rok is ook verder met sarofski versier om dit aftewerk.

Sien alle inskrywings