Van dag een af, het ek die prentjie in my kop gehad oor 'n baie wye rok. . .soos Aspoestertjie, en hy moes defnitief pers wees! Ek het lank gesoek na prente oor hoe my rok moet lyk, maar kon niks vind nie. Toe gaan ek na Baronne Bruidshuis toe. Danie is die ontwerper. Hy het na my gekyk, en presies geweet wat mooi sal lyk. My rok is gemaak. . .en dis nog beter as die prentjie wat ek in my gedagte gehad het! Ek is so dankbaar dat ek met so 'n pragtige rok na my matriek afskeid toe kon gaan!

Sien alle inskrywings