Ek wou nog altyd ‘n klassieke en elegante rok gehad het vir my matriekafskeid en die’ rok is beslis nes die prentjie wat ek in my kop gevorm het. Die inspirasie kom oorspronklik van ‘n rok van die internasionale ontwerper, Tony Ward, af. Ek het net die kleur verander na ‘n meer neutrale kleur en die diamante met perels vervang. My gunsteling edelsteen is ‘n perel en ek wou graag dit in my rok inbring. Die rok is deur Yolandi Vermeulen van Limpopo gemaak en sy het my beslis soos ‘n prinses van Ysland laat voel! Op die einde van die dag, was dit om met selfvertroue my elegante rok te dra en die sprokiesaand, wat mens nooit weer sal hê nie, te geniet!

Sien alle inskrywings