Toe ek op daai eerste dag van Hoërskool instap toe dink ek al aan my matriekafskeidrok! Ek het gedink aan elegansie! Ek was een keer vir 'n passing en toe was my rok feitlik klaar en toe die volgende keer wat ek hom sie toe lyk hy heeltemal anders! Ek het soos 'n droom gevoel, al die fyn detail op my rok was besonders! My rok was 'ek' uitgeknip letterlik. Ek kon nie vir 'n beter en pragtiger rok gevra het nie en dis als te danke aan tannie Wilma du Plessis!!! Toe die dag kom kon ek nie wag om in my rok in te kom nie ek was so opgewonde ek wou nie eers eet nie! Dit was 'n aand wat ek nooit sal vergeet nie!!

Sien alle inskrywings