Ek het van kleinsaf gedroom dat my ma my rok moes maak - nooit gedink dit sal realiseer nie, want sien... my ma se tydsprogram is so volgedruk en ek het gedink dat ek, die jongste "maar weer sou moes terug staan". My droomrok het ek self so ongeveer 2 jaar gelede geskets... So was dit toe ook... September 2011 het aangebreek, al my vriendinne se rokke was alreeds klaar laat maak of gekoop en lente was in die lug, so my ma was tjok en blok volgedruk met spyseniering vir funksies. Wel ek het net weer 'n keer besluit as die kans verby is, is dit vergoed verby en niemand anders as my ma gaan my rok maak nie. Met net 1 week oor het sy ingespring met 'n paar handlangers onder andere ek self ook, en toe begin ons... na 4 dae; 3 nagte; baie redbulls en 'n spesiale atmosfeer het ons dit gemaak... Die mooiste rok wat ek ooit van kan droom xxx

Sien alle inskrywings