*My rok is geïnspireer deur die pragtige Taylor Swift. Toe haar musiekvideo "Love Story" uitgekom het, het ek geweet my rok moes so iets lyk. Ek het besluit op 'n kombinasie van drie rokke wat sy gedra het, toe sy "Love Story", "Teardrops on My Guitar" en "Our Song" gesing het, vir Donavan du Preez, die ontwerper gegee en hy het dié ongelooflike rok gemaak. Ek het die aand baie geniet en ek kon lekker dans...iets waarvan ek baie hou! Ek kan nie wag om my rok weer te dra nie..óf om Taylor Swift eendag te ontmoet nie.*

Sien alle inskrywings