Baie meisie gaan met die idee om aan die einde van die dag met 'n perfekte rok daar weg te loop.. Ja, vir my was dit presies dieselfde, maar ek het 'n paar minimale vereistes gehad: Die rok moes by my persoonlike smaak pas, dit moes stylvol en modern wees en boonop 'n bietjie kleur sodat ek nie soos 'n verlepte muurblommetjie moes lyk nie...Ironies genoeg stap ek toe met die swartste rok moontlik uit Scarlett! En tot vandag was ek nog nie een keer spyt daaroor nie. Nie net het die swart my laat uitstaan tussen al die kleurvolle rokke nie, maar dit het 'n tot 'n mate bygedra tot die stylvolheid en unieke snit van die rok. Die rok het die perfekte vorm, dus beklemtoon hy die beter dele van jou liggaam en steek die minder goeie dele weg. Die hele voorkoms van die rok was baie ‘eenvoudig’ met min detail, soos ek dit verkies – daar was net die regte hoeveelheid op al die regte plekke. Die rok was beslis ‘n gunsterling onder my mede klasmaats en ouers, as ek kan aflei van die komplimente. Ek glo dis omdat dit ‘n tydlose rok is wat aanvaarbaar is vir enige geleentheid.

Sien alle inskrywings