SKRYF HIER IN!

Uiteindelik is dit jóú beurt om op die rooi tapyt te skitter en jou pragtige rok vir die wêreld te wys. Skryf nou jou uitrusting in vir ons matriekafskeidrok-wedstryd en beleef jou oomblik van glorie.

Chris Viljoen, SARIE se modedirekteur, gee raad: "Die perfekte matriekafskeidrok het goeie styl, die regte kleur, en weet waar om die briek aan te draai. Jy wil nie soos ’n Krismisboom lyk nie, maar gebruik die seisoen se helder kleure." (Volg Chris op Twitter)

Modedirekteur Chris Viljoen

WAT JY KAN WEN!

Een persoon kan die sexy nuwe pienk BlackBerry® Curve™ 8520-slimfoon losslaan en ook in SARIE pryk.

Kies 'n BlackBerry® vir Borskankermaand

Die beste dinge in die lewe is pienk! Malvalekkers, sonsondergange, spookasem, rose, aarbeiroomys, lipglans – en BlackBerry.

Ja, die nuwe BlackBerry® Curve™ 8520-slimfoon, waarop jy alles van 'n BBM™-boodskap (BlackBerry® Messenger) tot e-pos of 'n SMS kan stuur en ontvang, is pienk.
 
En spesiaal vir die veldtog teen borskanker sal BlackBerry® met elke aankoop van dié blinknuwe pienk BlackBerry®-slimfoon R20 aan die Pienk-veldtog skenk ten bate van borskankerbewustheid.

Elke klant wat van hierdie aanbod gebruik maak, kom óók in aanmerking om een van 10 spesiaal ontwerpte Swarovski-kristal-rugkantbedekkings te wen. Die aanbod is slegs van 1 tot 31 Oktober 2011 beskikbaar deur Vodacom by uitsoektakke van Edgars en CNA.

Blinknuwe pienk BlackBerry® Curve™ 8520-slimfoon

SKRYF SÓ IN

1. Skryf in deur dié vorm in te vul en 2 foto's (elkeen onder 4 MB) op te laai: een vollengte-foto en een kop-en-skouersfoto.

2. Vertel ons ook waar jy die inspirasie vir jou rok gekry het.

3. Deel jou inskrywing met jou Facebook-vriende en Twitter-volgelinge en vra dat hulle kommentaar lewer.

*Die wenner sal gekies ?word deur ’n paneel ?van beoordelaars.

Sien die wedstrydreëls

Sluitingsdatum: 11 November 2011