Julle het van regoor Suid-Afrika jul inspirerende rokke vir sarie.com se matriekafskeidrok-wedstryd ingeskryf en julle groot aand met ons gedeel.

Dít het Fanie oor dié jaar se inskrywings te sê gehad:

"sarie.com se eerste matriekafskeidrok-wedstryd het die jaar op 'n hoë noot afgeskop. Honderde inskrywings van regoor die land het vir ons ure se inspirasie verseker. En om net 10 te kies tussen so baie wat prentjiemooi is, was alles behalwe maklik!

Die top-10 rokke moes nie net bekorend op 'n hanger gelyk het of loopplank-impak gehad het nie, maar moes ook by die meisie se voorkoms en postuur gepas het. Die hele prentjie moes saamwerk: Van hare, grimering en juwele tot die uitrusting. Ons het gesoek vir 'n totale afgeronde voorkoms. Dit was ook belangrik dat die top 10 vandag se mode-trends weerspieël." - Fanie Cronjé, SARIE se styl- en sosiale redakteur.

DIE PROSES VORENTOE:

Hou sarie.com dop want ons gaan elke dag inskrywings op dié lys elimineer om op te bou na die top 3. Die wenner sal in die Februarie-uitgawe van SARIE aangekondig word. Dit sal vanaf 24 Januarie 2011 te koop wees.

Hulle is ge-elimineer
Elizabeth Craucamp

Jeanine Roux

Franselle Rossouw

Carike Lambrechts

Jeanne Lamprecht

Hier's ons top-6 matriekafskeidrokke vir 2010

Carlin du Toit Carlin du Toit: "Glans, styl en sjarme. Dit is presies waarmee ek my twaalf jaar van skoolgaan wou afsluit. Om ‘n rok te kry wat hierdie beeld uitstraal was egter nie so maklik nie, maar ek was dadelik geïnspireer toe ek ‘n artikel in die Junie-uitgawe van SARIE sien."
Ilsé Louw Ilsé Louw: "Ek is mal oor 'n vintage-look! Ek het ook dadelik besluit dat my matriekafskeidrok uit kant gemaak moet word. Al van kleins af wou ek 'n blommerok gehad het en hierdie vintage-look moes toe bietjie opgekikker word met satyn blomme met kristalle."

Jeanne Lamprecht: Vir 'n ballerina wat al jare lank dans, het ek my Ballet loopbaan op 'n hoogtepunt afgesluit, met 'n...ballet pienk rok. Ek wou dit graag deel maak van my matriekafskeid.
Michelle Groenewald Michelle Groenewald: "Ek was opsoek na iets vintage en het in 'n oorsese bruidstydskrif op die ontwerp afgekom."
Chantè Skinner Chantè Skinner: "Dis 'n klassieke styl met swart kant. Daarby 'n vleeskleurige/sjampanje-kleur vir die res van die rok. Ek is mal oor kant en dit is ook hoog in die mode die seisoen."
Hanri Human Hanri Human: "Ek wou eers nie die rok aanpas nie, dit het anders gelyk op die hanger. Maar die tante in die winkel het aangedring, en toe pas dit perfek! Dit voel asof ek op water loop."

En die wenner?

'n R5 000-geskenkbewys vir die droomrok van jou keuse - ontwerp en met puik vakmanskap gemaak deur die Italiaanse familiebesigheid, La Collezione dei Conti. Dié top-ontwerpershuis is veral bekend vir hul trourokke, uitrustings vir die bruidegom en die gevolg asook prag-aandrokke vir skemerkelkies en ander spesiale geleenthede. Inspirasie word direk vanaf die Italiaanse loopplanke na SA gebring.