Ek het 'n groot liefde vir swart en wit... Swart is 'n populere kleur vir aanddrag en dit het my laat besluit om 'n wit rok vir die groot aand te ontwerp. Die swart detail op die rok het dit mooi afgerond. Ek en my kerel, wat ook my metgesel vir die aand was, het koppe bymekaar gesit en met hierdie eenvoudig tog treffende ontwerp opgekom. Die ontwerp moes my figuur komplimenteer en ook gemaklik wees. Ek was baie in my skik met die finale produk en het soos 'n filmster gevoel!

Sien alle inskrywings