Ek het 'n jaar gelede al besluit hoe my rok moet lyk en daarby gehou. Ek het na tannie Bettie toe gegaan en ons 2 het saam besluit oor die "detail" van my rok. Toe ek klein was wou ek altyd 'n wye rok soos 'n prinses gehad het wat kon draai. As my rok kon draai, was dit altyd vir my 'n hoogtepunt van rok dra. Soos wat ek ouer geword het, het trourokke altyd my aandag getrek. Wit is baie mooi en saam met die swart is dit baie elegant. My matriekafskeid was vir my 'n hoogtepunt van my lewe, en ek is baie dankbaar dat my ouers vir my so 'n pragtige rok kon laat maak het. Ek het soos 'n ware prinses gevoel. Dankie Megan

Sien alle inskrywings