Heel Saterdag en Sondag het ek in die hitte van Februarie in 'n studio sonder lugversorging die agtergrond geverf. Maar dit was alles die moeite werd. Al die meubels is ook van my ma se huis af aangery om die gevoel te voltooi. Maandagoggend het die span vroeg begin met die hoop dat ons die ergste hitte kan mis, maar dit was Februarie en die sweet het ons afgetap. Baie dankie aan die span

Fotograaf Johan Wilke en sy assistent, Sergio
Hare Merlé Titus
Grimering Algria Ferreira
Model Cecile van Ice models
Mode-assistent Andrea Smith en ons tweede helpende hand, Elizmarie Theron

Vir hierdie uitgawe is die modeblaaie gevul met die nuwe breistowwe vir winter 2010 – my gunsteling is die oopknooptrui wat met blinkers versier is.

Oopknooptrui met blinkers