Dit was gisteraand ’n uithaalgeleentheid soos min. Die première van As jy sing was so glansryk soos enige Hollywood-bekendstelling. En die voormalige Mej. SA Melinda Bam het saam met Fanie Cronjé, SARIE se styl- en sosiale redakteur, die gaste op die rooi tapyt verwelkom.

Melinda se goue rok is deur Biji Couture ontwerp. Fanie sê hy is baie beïndruk met dié rok-keuse. Hy sê: “Melinda het perfek gelyk. Die rok was beslis van baie goeie gehalte en het perfek by haar én die geleentheid gepas. Daar is eintlik nie veel om hoor haar te sê nie, die foto’s van haar sê alles.”

Nou kan jy jou mening gee – hou jy van haar rok, of nie?

Fanie Cronjé en Melinda Bam het die gaste vermaak en onderhoude gevoer met die sterre Fanie Cronjé en Melinda Bam het die gaste vermaak en onderhoude gevoer met die sterre

Los kommentaar onderaan dié artikel, of deel dit met ons op ons Facebook- of Twitter-blad!

Melinda se haarstyl

Buiten dat Melinda se hare glansryk gekrul is - en ons herinner aan die goue jare van Ou Hollywood - het sy haar hare in ’n skuinspaadjie gedra - iets wat baie goed by haar gesigvorm pas.

Het jy al ooit gewonder wat is die regte haarpaadjie vir jóú gesigvorm? Lees hier!