Tony Bowls se speelse ontwerpe was my inspirasie. Ek het 'n rok gesoek wat speels, vrolik, funky en anders sou wees en wat ook my persoonlikheid sou komplimenteer. Van die oomblik wat ek en Mathilda die rok begin ontwerp het, het sy gesê "Jy moet die rok dra, nie die rok jou nie" en Viola my skepping het begin vorm aaneem. Ek het besluit op cherise pienk en lemmetjie groen om weg te breek van die tradisionele! Ek het soos aspoestertjie gevoel die aand met my matriekafskeid en gelukkig het my rok nie verander toe die klok 12 uur slaan!

Sien alle inskrywings