Ek het lank oor my Matriekafskeidrok gedroom en was dol gelukkig met my resultaat. Ek het 'n klassieke "vintage" tipe styl in gedagte gehad, al my idees bymekaar gesit en my droom matriekafskeidrok geskep. My rok is van goue rou sy, swart net,swart kant met kraletjies en swart lint gemaak. Ek het hierop besluit omdat ek iets anders as die pienk en pers rokke wou doen, en dit by my klassieke styl pas. Matriekafskeid is 'n groot aand in elke meisie se lewe en met die perfekte rok kan jy dit egter n onvergeetlike belewenis maak.

Sien alle inskrywings