Vanaf die oomblik wat Johan (my metgesel) my matriekafskeid toe gevra het, het ek gedroom oor hoe die dag hom sou afspeel en veral hoe ek sou lyk... Ek het myself in 'n moderne en elegante rok gesien. Ek het oral vir die perfekte rok gesoek in tydskrifte, op die internet, orals waar materiaal op die lyf kon pas het my oog geloer! Wit is my swak punt en swart is 'n gegewe, my rok was die antwoord!!! Toe ek my rok vir die eerste keer sien was dit soos 'love at first sight'. Sagte satyn het my volwassenheid weggegee maar die swart strikkies het die meisie in my laat glimlag. Die rok was gorgeous en het MY in materiaal beskryf. Ek het dadelik geweet dié rok sou niks minder as elke toeskouer se aandag vereis nie en my definitief soos 'n 'celebrity' op die rooi tapyt laat voel en lyk. Dié rok het beslis!

Sien alle inskrywings