Matriekafskeid, die wonder en wag oor hoe my rok uiteindelik sou lyk- was die 23ste Julie 2011 verby. Hoe meer ek op die internet gekyk het vir idees asook in tydskrifte het ek al hoe meer besef dis nie wat ek wou he nie. My idee van 'n perfekte rok was, was my eie ontwerp-met my ma se hulp natuurlik. Ek het my idee van die rok geskets en dit het alles bymekaar gekom. Ek wou 'n "wow" ,maar tog ‘n “plain” rok gehad het met nie teveel tierlantytjies nie. Dit is uiteraard jou aand jy moet mos gemaklik voel in wat jy dra, dit moet 'n 'jy" rok wees, nie iemand ander se idee wat jy perongeluk afgeloer het nie. My rok was uiteindelik klaar en die resultaat van die rok en hoe ek dit in my kop gehad het was perfek en met tannie Cariena se hulp en verstaan het my sprokie waar geword. Groete Merlene

Sien alle inskrywings