VERE. .VRALE. .VLEG! Die insperasie agter my matriekafskeidrok: Me, myself and I. My Vere. .Vrale. .Vleg rok mag dalk lyk soos 'n JnB Met of Durban July geinspireerde rok, maar die gedagte agter die rok gaan veel verder as die galop van 'n perd. Ek is Mej Links-van-die-Regering en kon dus nie dat 'n banale rok my lot word nie. Ek het gegaan na die bron van alles, die internet. Die vensters na die wêreld het rokke in alle kleure en geure op gelewer, maar geen een asemrowend in elke opsig nie. Ek moes improviseer en 'n duisend ideas, 'n potlood en 'n pak papier later het jy Vere. .Vrale. .Vleg rok. Ontwerp deur my vir my en per toeval kan elke aspek met my gekoppel word: Vere: Ek is 'n pronker en die vere maak immers die voël, of hoe? Vrale: Ek is hiper-aktief en soos 'n kind op die "rollercoaster" rit van 'n vral. Vleg: Besluitloos. Hoekom kies as jy alles kan kombineer deur vleg? Vere. .Vrale. .Vleg. ,uniek soos ek!

Sien alle inskrywings