Om te dink ek moes net een rok kies, terwyl ek van minstens vier gehou het, was vir my die aakligste gevoel ooit. Ek het duisende foto’s van die internet af gelaai en was selfs by ontwerpers. En nogsteeds het ek nie gekry waarvoor ek gesoek het nie. En dis waar ek begin speel het met my eie idees… Omtrent elke week het ek ‘n verandering aan my rok gemaak. (En dit was nie klein veranderings nie). Tot selfs Vrydag, die dag van my Matriekafskeid, het ek ‘n laaste paar veranderings gemaak en 2-uur daardie middag was my laaste paar valle aangewerk. Presies 102 valle! Maar my grootste inspirasie was maar die tyd. Soos dit aangeloop het, so het die idees gekom! Hy is presies soos wat ek hom wou gehad het…

Sien alle inskrywings