Oorspronklik het ek hierdie miljoene idees in my kop gehad van hoe my rok kan lyk en prentjies vir idees gehad, maar niks wat my regtig tevrede gestel het nie. My rok wat ek finaal gekies het is een van daai wat op die hanger na niks lyk nie, maar trek hom aan en hy sit en lyk soos n droom. Ek sal nooit spyt wees oor my rok nie, dit was elegant, iets anders en beslis baie gemaklik. Presies die 3 dinge warvoor mens in jou matriekafskeid rok soek.

Sien alle inskrywings