My oorspronklike plan was om 'n rok te laat maak, maar my ouers was bietjie bekommerd daaroor. My pa het my toe Tygervallei toe gevat om na rokke te gaan kyk. Ek het 'n paar gesien waarvan ek gehou het. Die volgende dag is my ma en ouma toe weer saam om na my keuses te kyk. By Lace Boutique het ons toe 'n ander rok gesien waaroor ek dadelik mal was. Die kleur en snit het my perfek gepas. Ek is veral mal oor die rug, aangesien ek iets wou gehad het met detail op die rug. Boonop is my gunsteling kleur groen! Die blou detail aan die onderkant van die rok en in die roos op die voorkant het goed by die groen rou sy gepas.

Sien alle inskrywings