My inspirasie het begun met Lauren Kate se Fallen series se voorblaaie, baie mooi en eenvoudige rokke, maar ek wou nie net n swart rok he nie so ek het my gunsteling kleur (rooi) daar in gewerk. Daniele concepts het my rok gemaak en sy het my baie gehelp om al my idees in die perfekte rok te om skep. ons het wel bietjie gesukkel met die detail omdat die oorspronklike idee te duur was, maar ek het darm op die laaste nippertjie op n idee af gekom wat Daniele baie mooi laat uit werk het, ek het besluit om die detail net aan die eenkant van die rok te sit omdat ek gedink het dit sal my rok uniek maak, dit help ook daarmee dat daar nie teveel detail is nie maar net genoeg, ek wou nie n rok he wat te blink nie maar net reg is. ek love my swart en rooi rok en ek hoop dat die Sarie beoordeelaars ook my rok sal love.

Sien alle inskrywings