Ek het my rok in 'n klein boutique genaamd Scarlett in die Kaap raakgeloop. Ek het met eerste oog-opsslag verlief geraak en hom dadelik gegryp om aan te pas. Hy het soos 'n droom gesit en was net die regte lengte vir 'n ordentlike paar hoë-hakskoene. Selfs al was ek en my ouers mal oor die rok het ons besluit om nog eers bietjie te kyk wat Kaapstad se boutiques als bied... 'n Paar dae en honderde rokke later was ons terug in Scarlett waar my rok vir my gewag het. Nie een enkele ander rok of kleur was so perfek nie! Ons het hom dadelik gevat en ek was op die vliegtuig terug Pretoria toe met die perfekte rok in my hand.

Sien alle inskrywings