Ek het nog altyd gedroom van my blou matriekafskeid rok. Einde Maart het ek en my Ma begin soek vir idees vir my rok. Ons eerste afspraak was by House of Superior Clothing, daar het ons dadelik na al die blou rokke begin kyk. Die verkoopsdame Ulricke het vir my DIE silver rok uitgewys, dit was nie juis blou nie en ek het nie baie belanggestel nie. Sy het my gevra om die rok net vir haar aantepas, en nou met my blou rok heeltemal vergete... het ek in my noupassende silver rok soos n prinses gevoel. Net daar en dan was die rok myne!! xx

Sien alle inskrywings