Maskers en vere en perels en kleure... 'n Meisie se matriek afskeid is seker die belangrikste dag in haar skoolloopbaan. Van Gr 8 af begin ons al droom en ontwerp en glo my; ons weet presies wat ons wil he. Die styl en die kleur word al van jongs af bepaal en die ontwerp word in detail beplan. Elke meisie se rok is 'n uitbeelding van haar ware self. Jou smaak en keuse rok se BAIE oor jouself. Dit is hoekom ek 'n romantiese balrok gekies het. Die vloeiende valle, uitskop romp en vasruig lyfie is die perfekte weerspieling van 'n prentjieboek prinses. Dit word immers gese dat ons innerlike prinses ons nooit verlaat nie, die rokkies word net duurder...

Sien alle inskrywings