Met die beplanning van my rok het ek besluit om my persoonlikheid uit te beeld. Ek hou daarvan om anders en uniek te wees. Ek het toe my twee gunsteling kleure kombineer en baie blink bygevoeg. My ontwerper het my ook goed opgesom en het presies geweet waarvan ek sal hou. Ons het toe met verskillende idees begin rondspeel en aan die einde het die rok my weerspieël. Daarom is hierdie rok vir my nie net nog 'n rok nie, maar 'n baie spesiale rok omdat dit 'n spieëlbeeld is van myself en wie ek is.

Sien alle inskrywings