My inspirasie vir my rok het ek van die film "How to loose a Guy in 10 days" afgekry, en van verskillende trourok idees. Ek en my ma het maande langk al voor die tyd begin beplan aan my rok, dit is self ontwerp en dit was presies soos wat ek my matriekafskeid rok wou laat lyk het!! Stylvol en elegant en wat my figuur en vel sal komplimenteer sowel as gemaklik aan my sal sit. Ek wou n rok ontwerp wat modern maar tog tydloos is waar ek voor en agter fokuspunte het. Die kleur wat ek gekies het is n sagte poeier geel,wat ek gevoel het nie n algemene kleur is, die steuntjies voorop is n champaign kleur sowel as my oorbelle en die res van my juweule.Na al die passings was alles die moeite werd en ek het soos n filmster op die rooitarpyt gevoel in Hollywood!!

Sien alle inskrywings