My droom vir my matriekafskeidrok was om soos 'n prinses te lyk!! En ek wou met die spesiale aand ook soos 'n prinses voel!! My rok wou ek elegant en stylvol gehad het! Die Schwarovski kristalle om my middellyf het my rok afgerond. Die kleurkeuse van my rok moes pas by die beeld van 'n prinses- 'n sagte spookasem pienk, wat my vel en gelaatstrekke moes komplimenteer! Die styl van my hare moes ook help om die sjarme van my beeld uit te dra! Ek het self my rok ontwerp en Jose De Chana het my gehelp om my droom te verwesenlik! Glo my, ek het soos 'n ware prinses gevoel!!!!

Sien alle inskrywings