Dis somer en die seisoen wemel van informele, ontspanne “op die strand”-uitrustings. Al bly jy nie by die see nie, kan jy steeds die Mediterreensevoorkoms kry met die skoen waaroor bekendes soos Minki van der Westhuizen en die Victoria's Secret-engel Alessandra Ambrosio gaande is. 

Wat is hul geliefde skoen? Die espadrille.

Yes we #Cannes #foreveronvacation A photo posted by Alessandra Ambrosio (@alessandraambrosio) on

Het jy geweet? Espadrilles - tradisionele, informele skoene gemaak van katoendoek - dateer uit die 14de eeu.

Vandag kry ons dit in patrone, dun of dik sole, leer, kant of sommer albei.

As jy dink die skoen is te plein – dink weer. Selfs die luukse modehuise Chanel het ’n ontwerperspaar.

Summer is here

A photo posted by Ashley Tisdale (@ashleytisdale) on

Van 'n gemaklike plat skoen tot 'n espadrille met wighakke - wat ook al jou styl, daar is iets vir jou!

Kliek hier en ontwerp jou eie espadrilles.

Of koop vir jou een van dié pare:

Mode-intern: Lezaan Nel