Ek het hierdie rok self ontwerp nadat ek nêrens iets kon kry wat uniek genoeg vir my smaak was nie. My doelwit was om iets deftig, ‘n bietjie middeleeus en met struktuur te ontwerp. Ek wou nie ‘n kleur kies wat van die ontwerp sou wegneem nie dus swart en wit was die oplossing. Ek dink almal is mal oor “criss-cross” bandjies en het hulle sommer voor en agter gebruik. Die diagonale bande het so uitgewerk dat die rok anders lyk as jy dit van verskillende kante af bekyk. Christiaan Ras (Honey boutique) het die rok presies gemaak soos ek dit ontwerp het. Ons het op Dutchess vir die materiaal besluit en die “ribbon” glans aan albei kante. Dit was sy idee om silver ronde knopies te gebruik. Dit was prêt om vir die aanpassing te gaan. Hy het definitief my droom bewaarheid. Ek het die perfekte swart en wit skoene gevind nog voordat die rok klaar was en ek het my ma se swart/wit tas met wit rose gebruik vir die aand. My vriend het gesê dit was maklik om iets te vind wat by my rok gepas het. Hy het ‘n fantastiese swart en silwer onderbaaidjie aangehad.

Sien alle inskrywings