Nadat ek vir maande gesoek het deur verskillende rokke en ontwerpe het ek die idee vir my rok in 'n oorsese bruidstydskrif gekry, maar ek het dit aangepas deur die idee te kombineer met ander style en aspekte waarvan ek gehou het en wat my figuur beter sou komplimenteer. Ek wou soos 'n prinses lyk en voel en daarom het ek die sprokiesagtige rok gekies. My rok is pers omdat dit my gunsteling kleur is en die blink net materiaal het bygedra tot die sprokiesagtige prinses gevoel. Ek wou stylvol lyk, maar ek wou ook my sprankelende persoonlikheid komplimenteer. My rok is my droom rok. My rok IS perfek :)

Sien alle inskrywings