Die enigste werklike inspirasie was die kleure wat ek bymekaar gesit het. Dit is drie van my gunsteling kleure en ek wou dit graag gekombineer het. Ek wou ook graag 'n korset-tipe rok gehad het. Die valle was net 'n natuurlike manier gewees om die kleure te kon gebruik, aangesien daar nie materiaal beskikbaar was wat al die kleure in gehad het nie. Ek is ook baie dankbaar dat ek by tannie Ilse van Nikka Creations uitgekom het. Sy het my droomrok presies gemaak soos wat ek dit wou hê. Ek hoop dat my rok ook 'n inspirasie sal wees vir ander meisies, sodat hulle nie moet bang wees om te speel met verskillende kleure nie.

Sien alle inskrywings