'n Britse meningspeiling as deel van die Clothes Show London het gewys dat Britte die mode-ikone van die 20ste eeu is en 'n blywende indruk op die internasionale modewêreld gemaak het. En op 29 Mei word dié van die 21ste eeu onthul.

Kate Moss was die gesig van die 90's en Madonna het met haar "Material Girl"-styl die jare 80 oorheers. Blondie-sanger Debbie Harry was gróót in die 70's en dit lyk asof die beeldskone Bridget Bardot ook háár mode-stempel op die 60's afgedruk het. Selfs Audrey Hepburn en Marlene Dietrich word beskou as van die modewêreld se vroegste ikone. Die mans het ook aftrek gekry, maar nie naastenby so baie soos die vroue nie! Onder hulle is David Beckham, John Lennon, James Dean en die rock-ster David Bowie.

Maar nietemin, só het hulle gevaar:

Styl-ikone - 1940's

  1. Marlene Dietrich - 53.3%
  2. Fred & Ginger - 26.7%
  3. Lauren Bacall - 6.7%
  4. David Niven - 6.7%

Styl-ikone - 1950's

  1. Audrey Hepburn - 58.8%
  2. Grace Kelly - 29.4%
  3. James Dean - 5.9%
  4. Ave Gardner - 5.9%

Styl-ikone - 1960's

  1. Bridget Bardot - 41.2%
  2. The Beatles - 17.6%
  3. Edie Sedgwick - 17.6%
  4. Twiggy - 11.8%

Styl-ikone - 1970's

  1. Debbie Harry - 43.8%
  2. David Bowie - 25%
  3. Bianca Jagger - 12.5%
  4. Diana Ross - 6.3%

Styl-ikone - 1980's

  1. Madonna - 75%
  2. Prinses Diana - 12.5%
  3. Joan Collins - 6.3%
  4. Jane Fonda - 6.2%

Styl-ikone - 1990's

  1. Kate Moss - 62.5%
  2. Linda Evangelista - 12.5%
  3. Erin O'Connor - 12.5%
  4. Victoria Beckham - 6.3%

Madonna op Elle se voorbladVictoria BeckhamKate MossPrinses DianaKate Moss

Kategorieë

Die Clothes Show-styltoekennings is 'n platform vir die room van Brittanje se mode- en skoonheidsbedryf, en pryswenners word in 7 kategorieë ingedeel:

  • Mode-fotograaf van die jaar
  • Mode-stileerder van die jaar
  • Grimeerkunstenaar van die jaar
  • Ster-haarstilis van die jaar (in samewerking met Your Hair, Hair Ideas en Blonde Hair)
  • Besgeklede man (in samewerking met die tydskrif Look)
  • Besgeklede vrou (in samewerking met Look)
  • Stylvolste Londenaar (in samewerking met 95.8 Capital FM)

Dís by die London Clothes Show:
Al die bekende mode- en skoonheidshandelsname
'n Mode-teater met 2 500 sitplekke waar die heel beste vertoon word
Hare- en grimeer-werksessies met raad en wenke van die kenners
Glansryke loopplank-vertonings; al die nuutste trends!

Waar & wanneer? ExCel, Londen, van 29 – 31 Mei 2009