Sy is stylvol, inspirerend en het 'n ongelooflike loopbaan in die modebedryf. Carolina Herrera se gunsteling onder alle mode-items sal jou verbaas.

Dit is niks anders nie as 'n eenvoudige, klassieke wit hemp.

#HERRERALIVE #NYFW That's a wrap!

A photo posted by Carolina Herrera (@houseofherrera) on

Een wit hemp; drie maniere

Kyk hier wat haar dogter Carolina Herrera de Báez sê oor haar ma en die wit hemp, asook wat Carolina self oor die wit hemp te sê het: Carolina Herrera deur die jare:

1939 - Die 76-jarige ontwerper is in Venezuela gebore .

1968 -  Sy trou met Reinaldo Herrera, seun van 'n bekende suikerplantasie-eienaar, en begin met 'n stralerjakker-leefstyl. Sy skuur gou skouers met bekendes soos kunstenaar Andy Warhol, prinses Margaret van Brittanje en rock-ster Mick Jagger.

1980 -  Carolina Herrera haal die International Hall of Fame se lys van Bes Gekledes. Sy en haar man verhuis ook na New York.

1981 - Legendariese Vogue-redakteur Diana Vreeland moedig Carolina Herrera aan om haar eie reeks te ontwerp en sy stel haar Herfsreeks bekend in New York.

1986 - Sy ontwerp Caroline Kennedy (dogter van John F Kennedy & Jacqueline Kennedy) se trourok en raak onmiddellik bekend in Noord-Amerika.

1988 -  Sy stel haar eerste parfuum bekend.

1996 - Haar dogter Carolina Herrera de Báez sluit haar by die onderneming aan as kreatiewe direkteur van Herrera's House of Fragrances.

Inspiring #FallingJasmine #CarolinaHerreradeBaez @grillo_demo. A photo posted by Carolina Herrera (@houseofherrera) on

2000 - Carolina Herrera maak haar eerste vlagskip-boetiek oop op die hoek Madison Avenue en 75th Street in New York. Dis 'n gebou van vier vloere.

2001 - CH Carolina Herrera word bekend gestel - 'n pasklaar reeks (ready to wear) vir mans, vroue en kinders.

2004 - Carolina Herrera ontvang die CFDA-toekening vir Womenswear Designer of the Year; asook die Glamour-toekenning vir "Woman of the Year".

2006 - 'n Boetiek word oopgemaak in Melrose Place, Los Angeles.

2007 - CH Carolina Herrera-parfuum word bekend gestel.

2008 - Die CFDA vereer Herrera met die Geoffrey Beene Lifetime Achievement-toekenning.

2011 - Carolina Herrera ontwerp die trourok van Bella vir die fliek Twilight: Breaking Dawn Part 1.

2012 - Herrera ontvang 'n eredoktersgraad in beeldende kunste van New York se Fashion Institute of Technology.

#insidetheatelier CHic is around every corner.

A photo posted by Carolina Herrera (@houseofherrera) on