Almal wat ‘n passie vir mode het, moenie hierdie geleentheid misloop nie. Gaan skud jou mode-vere reg van 2 – 4 April by die Turbine Hall in Johannesburg. Ontwerpers soos Abigail Betz, Colleen Eitzen, Tiaan Nagel en vele meer gaan ons inspireer vir Somer 2009. Ons bring volgende week vir julle mode-hoogtepunte direk van Johannesburg. Vir meer inligting besoek: http://www.sanlamsafashionweek.co.za Kaartjies by Computicket: http://www.computicket.com