Is jy al moeg om elke oggend vir jou klerekas te staar en nie te weet wat om aan te trek nie? Lees SARIE se modespan se wenke hoe om jou mode-groef te ontsnap.

Organiseer jou kas

Soms is ons te besig en trek die eerste beste ding aan waarop ons ons hande kan sit, maar wanneer laas het jy jou kas uitgepak en herorganiseer? Maak seker jy weet presies wat in jou kas is. Pak die klere op die vloer uit en beplan jou uitrustings.

As jy presies weet wat in jou kas is, sal jy ook beter weet wat jy nodig het as jy in die winkels kom - en dit beteken meer klere-opsies én jy sal op jou klererekeninge bespaar.

Maak seker jy het die basiese items

Daar is ’n paar basiese stukke wat elke vrou in haar kas moet hê. Dit is daardie items wat na die meeste geleenthede en saam met die meeste items gedra kan word.

Dié items word bepaal deur jou persoonlike styl, maar sluit gewoonlik in:

  • ’n Netjiese swart broek vir dag en aand
  • Wit knoophemp
  • Taankleur-skoene
  • Goeie snyersbaadjie
  • Goeie jean wat mooi sit

 Patent Court Shoes Neutral van Zoom Patent Court Shoes Neutral van Zoom

Probeer ’n nuwe styl

Daar is soveel verskillende style en trends dat dit soms te moeilik is om by te hou.  Maar eksperimenteer elke nou en dan met iets nuut. Dis die enigste manier om te sien of iets by jou pas.

En die beste manier is om jouself te forseer om iets van die rak af te vat wat jy nooit sou nie. Dalk besluit jy in die aantrekhokkie dat pers jou veltoon eintlik pas - ’n kleur wat jy nooit sou gekoop het nie.

WENKE

 Bright Maxi Dress Bright Maxi Dress

Patrone vir die voller figuur - dit kan! Lees HIER

Dra uitspattige bykomstighede

Een van die maklikste maniere om jou klerekas op te kikkker is deur uitspattige bykomstighede te dra soos bonkige juweliersware, kleurryke en interessante handsakke, sonbrille en grimering.

Screen Shot 2014-02-25 at 10.33.28 AM

GUCCI Lente/Somer 2014 reeks *GUCCI Lente/Somer 2014 reeks

* Vir die pers Gucci-handsak: Johannesburg (Nelson Mandela Square) - 011-784 2597 en in Kaapstad beskikbaar by die V&A Waterfront (021-421 8800).

Huffington Post het ook hulle mode-items gedeel om uit jou mode-groef te kom. Lees hulle wenke HIER.