Die vakansie is iets van die verlede, maar die warmste somerdae wag nog vir ons. En met dié swembroeke hoef niemand skaam onder die sambreel te sit nie ...

Nie almal wil ’n bikini dra nie en gelukkig vir ons is die dae van vervelige eenstuk-swembroeke lankal verby!

Hoekom ’n eenstuk?

  • Dit is baie vleiend en die swembroek self skep lyne en kontoere wat verslankend kan wees.
  • Gemak is jou eerste prioriteit. Kies daarom ’n swembroek wat jou ondersteun waar jý dit nodig het. Niemand wil heeldag herstel en vroetel sodat niks uitsteek nie.

Groot borste

  • Kies eerder breë bandjies as ’n halternek - al lyk die halternek soms meer vleiend terwyl jy staan, raak dit ongemaklik as jy swem en lê.
  •  ’n Swembroek met ’n draad-ondersteuning vir jou borste bied ekstra ondersteuning om jou gemakliker te laat voel én doen wondere vir jou bates!

Striped One-piece Black/White Striped One-piece Black/White

Striped One-piece Black/White

Groot maag

  • Plooie of detail wat skuins oor jou middel val, is baie vleiend. Dit skep die effek van ’n klein middel wat jou kurwes beklemtoon en jou slanker (en meer sexy!) laat lyk.
  • As jy ongemaklik is oor jou maag, soek ’n swembroek met ’n stywe voering of met vormdrag aan die binnekant. Dit skep ’n vleiende wat jou baie maerder laat lyk.

Ruched Full Costume en Barbella Allure Costume Red

Groot boude

  • Die broekie-gedeelte moet nie te klein gesny wees en nie die hele boud bedek nie. Maar dit moet ook nie te groot wees nie - dit laat jou boude nóg groter lyk. Kies een wat mooi pas en gemaklik sit.
  • Wanneer die bene ’n bietjie hoër uitgesny is (maar nie so hoog soos in die 80's nie!) laat dit jou bene langer lyk en jou boude kleiner.

Ruched Full Costume en Barbella Allure Costume Red

Nóg wenke

  • Kies eerder ’n soliede kleur of ’n klein patroon. Vermy meerkleurige swembroeke wat jou lyf in die middel sny - dit neem dadelik die aandag weg van die vleiende lyne wat ’n goeie swembroek kan vorm.
  • Wanneer jou swembroek meer as een kleur het, moet die donkerste kleur teen jou sye afloop om jou maerder te laat lyk.
  • Kies sexy detail soos dun bandjies - dan lyk én voel jy soos ’n model langs die water.

Full Piece Costume In Blue

  • Vermy swembroeke met rompies of broekies. Alhoewel jy dink dit bedek meer, laat die ekstra onnodige materiaal jou eintlik net groter lyk.

3 Vrae in die aantrekhokkie

Voordat jy kasregister toe stap en die swembroek koop, vra jouself dié vrae af:

  1. Bedek dit die nodige? En ondersteun dit die areas waarmee ek die ongemaklikste is?
  2. Voel ek gemaklik - terwyl ek staan, beweeg én lê?
  3. Is die kleur vleiend? Net soos gewone klere moet die kleur van jou swembroek ook jou gelaat vlei. Lees meer HIER of jy ’n warm of koue gelaat het.