Kuba weet nou van Chanel, en Havana gaan nooit weer dieselfde wees nie. Die modeontwerper Karl Lagerfeld het vandeesweek met styl, kleur en Latynse ritme die luukse-modehuis aan dié voorheen afgesonderde eiland bekend gestel. 

Die modevertoning in Havana was 'n eksotiese geleentheid. Bekendes soos die Kardashian-susters, die wêreld se hoogs betaalde model, Gisele Bündchen, en die 45-jarige model Stella Tennant sowel as aktrise Tilda Swinton het in kleurryke vintage-motors aangekom.

Bemba A photo posted by Khloé (@khloekardashian) on

Chanel se reeks is geïnspireer deur die kulturele rykdom van Kuba. Die modeparade is in ’n hoofstraat van Havana gehou en die modelle het van kenmerkende Chanel-tweeds, rompe met fraiings en ritse armbande tot swart Che Guevara-berets met blinkers gedra.

Die geleentheid was feestlik met vrolike Kubaanse musiek op die agtergrond. Volgens die modebloggers Sam en Cailli Beckerman was dit een van die beste Chanel-vertonings nóg.

Ons het nie geweet Lagerfeld (82) kan só lekker dans nie.

Kyk sy danspassies hier: