Ek het rokke ge'google' toe kom ek op die mooi ontwerp af en dadelik geweet dis wat ek wil hê...dit was vir my een van daardie oomblikke wat ek daardie prentjie gesave het om te kan maak vir die matriekafskeid,die internet kan mens rerig baie inspirasie gee. Die rok bestaan eintlik uit 'n paar verskillende blou en is baie flowy!! Maar my grootste inspirasie was om daardié prentjie wat ek ge'google' het vir mense te wys en hulle vir my gesê het dit gaan by my pas. En Tannie Wilmien wat my rok gemaak het en gesê het,dis definitief die mees uitdaginde rok wat sy al gemaak het,het my laat voel dis 'n unieke rok dié! Ek het baie vroulik gevoel,soos 'n prinsessie,soos elke matriekmeisie wou voel...

Sien alle inskrywings